Malan Nel dienssentrum sluit deure na 40 jaar
Die sentrum het hul deure permanent gesluit op 28 Mei met 'n afskeidsfunksie.
Die Malan Nel Dienssentrum moes op 28 Mei permanent sy deure sluit, slegs vier maande ná die sentrum sy 40ste bestaansjaar op 26 Januarie gevier het (Malan Nel Community Centre celebrates 40 years of serving seniors February 4, 2025).
Die 40 jaar is op 26 Januarie gevier, maar op 28 Mei is ‘n bittersoet funksie aangebied om die sluiting van die sentrum amptelik te maak.
“Ons het dié jaar geen fondse vanaf die Departement van Sosiale Ontwikkeling ontvang nie en moes daarom ons deure sluit,” het sentrumbestuurder Sarie Breytenbach gesê.
Die sentrum het die senior burgers van die Springs-gemeenskap op verskeie maniere bedien, onder andere met ‘n oggenddiens, haarsalon, jukskei, etes, ‘n biblioteek, oefensessies, ‘n koor, uitstappies en die viering van vakansiedae.
Die sentrum het van Maandae tot Vrydae gefunksioneer en elke dag verskillende aktiwiteite aangebied.
“Die seniors is lief daarvoor om verskeie bordspeletjies te speel, asook om legkaarte aanmekaar te sit. Hulle het lekker gesit en gekuier terwyl hulle aan handwerk, brei- of hekelwerk gewerk het.”
Dit was ook ’n belangrike sosiale geleentheid vir die bejaardes wat die sentrum bygewoon het, en die afsluiting was met baie emosie en trane gevul.
LEES OOK: Donate to mobilize the visually impaired
LEES OOK: Regularly checking and replacing filters is essential for your car’s health



