Local newsNews

VLU-lede hoor van die verskil tussen mans en vroue by maandelikse vergadering

Gebreide en gehekelde blokkies is ingesamel om komberse vir ouetehuise te maak.

Die Vroue Landbou-unie se Carpe Diem-tak in Springs het op 11 Junie hul maandelikse vergadering gehou.

Marié Mostert was die gasspreker en het die lede heerlik laat lag met haar toespraak oor die verskille tussen mans en vroue.

Lede het ook hul artikels vir die maand ingedien vir beoordeling, en saam verversings geniet.

“Dit was ’n lekker rustige middag,” het takvoorsitter Sankie Jordaan gesê.

As deel van hul liefdadigheidsprojek het lede gebreide en gehekelde blokkies ingedien. Die blokkies sal aanmekaar geheg word om komberse te maak wat aan plaaslike ouetehuise geskenk word.

Marie Bouwer was die gasvrou vir die middag en het die tafels stylvol versier met swart tafeldoeke en takke en vrugte van suurlemoenbome.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button