Local newsNews

Skoonheid gereed om Springs te verteenwoordig by Miss Grand SA

Bejandri Lourens sien uit na die Miss Grand South Africa kompetisie en hoop om die titel agter haar naam te kan voeg.

Bejandri Lourens (23) is opgewonde om môreaand (Saterdag) die loopplank te betree in die Miss Grand South Africa-kompetisie, waar sy Springs met trots verteenwoordig.

Die glansgeleentheid vind by Emperors Palace plaas, en Bejandri meen sy sien geweldig uit na die groot aand.

“Miss Grand is vir my besonder spesiaal, veral weens hul missie om oorlog en geweld te beveg, ’n saak wat ek eerlik en diep ondersteun,” het sy gesê.

Die wenner van Saterdag se kompetisie sal later vanjaar Suid-Afrika verteenwoordig by die Miss Grand International-kompetisie in Thailand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button