Just Wheels opedag bied veel meer as net blink voertuie, gaan kyk self
'n Insameling van komberse en dierekos vir die Brakpan DBV word ook gehou en die publiek word aangemoedig om dit te ondersteun.
Springs motorliefhebbers kan gerus ‘n draai gaan maak by die Die Just Wheels Motorklub se opedag Sondag (29 Junie), veral as jy ’n Subaru liefhebbers is.
’n Groot saamtrek van dié voertuie word verwag, maar daar sal ook verskeie ander motors wees om te besigtig. Besoekers kan uitsien na hope vermaak, insluitend musiek, ’n vlooimark, kosstalletjies, kindervermaak en ponieritte.
’n Inisiatief ten bate van die Brakpan DBV sal ook gehou word, en skenkings van komberse (nuut of tweedehands), asook troeteldierkos, sal met dank ontvang word.
Geen eie kos, verversings of alkohol word toegelaat nie, en oop vure is verbode. Die Just Wheels-kroeg sal wel oop wees.
Die hekke open om 09:00 en toegang is gratis. Die klub is geleë te Kitzingerlaan 169, Dalview. Skakel 082 263 7567 vir meer inligting.



