Tuiswedstryd teen Vereniging beloof aksie en pret by Springs Rugbyklub
Ondersteuners kan uitsien na opwindende rugbyaksie, lekker musiek en vermaak vir die hele gesin, insluitend 'n toeskouer uitdaging met ‘n prys op die spel.
Springs Rugbyklub speel vandag (Saterdag) tuis in die tweede ronde van die Valke Perigrene Liga teen Vereniging.
Ondersteuners en die publiek word uitgenooi om die rugby te gaan geniet maar ook die vermaak wat aangebied sal word.
Daar is onder andere ‘n uitdaging waaraan vier toeskouers, wat deur die loop van die dag gekies sal word, kan deelneem en die kans staan om ‘n lekker prys te wen.
Die o21’s se wdstryd begin om 13:00, die tweede span skop om 14:40 af en die eerste span sal om 16:00 op die veld draf.
Lekker musiek sal deur DJ Bees verskaf word.
Die toegangsfooi is R20 per voertuig en R20 per persoon. Geen koelerbokse sal toegelaat word nie.



