Local newsLocal sportNews

Springs bou momentum in Peregrine Liga ten spyte van nederlaag

Springs Rugby Klub wys goeie groei in die Peregrine Liga ondanks 'n nederlaag teen Vereeniging. Die span is reg vir hul volgende kragmeting teen Nigel op 12 Julie.

Met die tweede ronde van die Valke Peregrine Liga wat sterk aan die gang is, was Springs Rugby Klub Saterdag die gasheer vir Vereeniging Rugbyklub.

Alhoewel Springs eerstes ná 80 minute aan die verloorkant was met ‘n telling van 39-20 in Vereeniging se guns, was dit steeds ‘n stap in die regte rigting.

“Ons kombinasies begin werk, en die spelers begin mekaar vind. Ons was met tye ons eie vyand met onnodige foute,” het die hoof afrigter Bruce Borman gesê.

Die tweede span het met 34-21 verloor en die o21s het verloor met 20-17.

Springs verwelkom Nigel Rugbyklub op 12 Julie. Die wedstryd beloof om ‘n goeie dag te wees, en ‘n oorwinning kan Springs in staat stel om ‘n plek in die halfeindronde te verseker.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button