What’s on?
From live music and local markets to family fun and community gatherings - don’t miss out on what’s happening near you! Check out our event calendar and plan your week the exciting way.
• 16 Augustus
Hoërskool Hugenote vier hul 85ste bestaansjaar met ’n spoggerige dinee om 18:00. Die dinee sluit ’n drie-gang maaltyd in, koffie en tee, en gaskunstenaars. Daar sal ook ’n veiling wees van onderskeie Hugenote-memorabilia, en die kleredrag is formeel. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Vir besprekings, stuur ’n e-pos aan hoof@hugies.co.za.
• Bhaivari Sungum will host a special high tea to raise funds to build a cultural centre. The community is invited to enjoy a day of laughter and entertainment. For more information on ticket prices, call Poovershree Pillay on 072 693 7808.
• 24 Augustus
Springs Boys’ High School will host its annual golf day at the Pollak Park Golf Course. The starting time will be communicated in due course. Whether a seasoned golfer or a beginner, you are welcome to join. For more information, call 011 818 2175.
• 6 September
Die Pinkster Herlewingsentrum bied ’n Wheels@Church kar skou aan vanaf 10:00. Ingang is gratis, en daar sal vermaak, karre van alle soorte, en kosstalletjies wees. Kinders word ook versorg met speletjies en aktiwiteite, wat verseker dat daar iets is vir almal. Maak ’n draai op die hoek van MacPhail- en Endstrate in Petersfield.
Die Springs Boys High School-band gaan om 19:00 in die Big Top Arena optree, saam met ander showbands soos die Kwa-Thema Field Band, SA Sea Cadets, en meer. Kaartjies kos R150 en word by Ticket Spot verkoop. Vir meer inligting, e-pos die skool se band by band@sbhs.co.za of WhatsApp mnr. Boucher by 083 295 2042.
• 13 September
Leratong Place of Love Crisis Centre hou ’n algemene jaarvergadering by Selcourt Methodist Church, 7 Granada Road, om 09:00. Die gemeenskap is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting, bel Tumelo Nkosinkulu by 011 363 1368/9.
• 20 September
Laerskool PAM Bringk nooi dames uit na ’n damestee op die dag vir ’n oggend van vreugde, rus en inspirasie. Matie van Graan, oftewel die Boerboel-tannie, gaan haar storie vertel in die skoolsaal vanaf 09:30. Vir navrae, skakel 011 811 1880.
General
• Meat World Springs hou elke Saterdag ’n voedselmark van 06:30 tot 14:00 en nooi alle verskaffers om aansoek te doen om deel te neem. Stuur jou naam, ID-nommer en die naam en ’n foto van die voedselproduk wat jy wil verkoop vir oorweging aan marketing@meatworld.co.za of bel 011 815 1494.
• Die Springs Farmers’ Market loop elke Saterdag. Koop vars, bekostigbare produkte, kuns en handwerk, heerlike kos en melk. Die lokaal is Den Akker by President’s Park. Dit loop van 08:00 tot 13:00. Stalletjiehuur vir besighede en boere is R150. Vir meer inligting, bel Johann Jungbauer by 082 689 0222 of e-pos jungross@mweb.co.za.
• Die VLU Springs-tak vergader elke tweede Woensdag van die maand om 14:00 by die AGS Fonteinedal-saal in Geduld. Belangstellendes kan vir Sankie Jordaan kontak by 082 922 9712.
What’s On is ’n gemeenskapsbulletinbord vir NRO’s en gebeure. Om jou geleentheid te laat verskyn, stuur die besonderhede, insluitend jou naam, van en kontaknommer, voor 11:00 op ’n Vrydag na buhle@caxton.co.za.



