Local newsNews

Maak ’n verskil: Help hoërskoolseuns met selfsorgpakkies

Selfs net een skeermes of deodorant kan ’n jong man se lewe verander. Sluit aan by Rise and Restore se projek om hoërskoolseuns te ondersteun.

Die nie-winsgewende organisasie Rise and Restore, met Martie de Villiers aan die stuur, is besig met ’n projek waarby hoërskoolseuns baat sal vind.

“Baie jong seuns in ons gemeenskap wil graag skoon en selfversekerd wees, maar het eenvoudig nie die basiese benodigdhede nie,” het Martie verduidelik.

“Daarom versamel ons skeerroom, deodorant (spuitkannetjie of ‘roll-on’) en skeermesse om selforgpakkies saam te stel en hulle te ondersteun,” het Martie bygevoeg.

“Selfs net een item kan ’n groot verskil maak in ’n jong man se lewe, en ons sal elke skenking met groot waardering ontvang,” het sy verder gesê.

Persone wat belangstel om te help, kan ’n boodskap aan Martie stuur by 082 579 9755 sodat reëlings getref kan word. Jy kan ook jou skenking aflewer by Kent Sirkel 68, Petersfield.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button