Die apteek beskik nou oor ‘n nuwe parkeerarea in 5de Straat en is steeds sewe dae ‘n week oop. ‘n Moderne interieur, vinnige professionele diens en ‘n afleweringsdiens wag op al die ou en nuwe kliente.
Dragana Pereira, Sean Rohlandt en Adri Smit van Austell, het een van die vele verskaffer stalletjies beman. FOTO: Thelma Koorts
Geduld Apteek in Springs het die afgelope naweek ‘n herbekendstelling gehad.
Kliente en besoekers kon sedert Vrydag spesiale aanbiedings geniet en ook aandoen by verskeie verskaffers wat stalletjies gehad het, maar die hoogtepunt van die vieringe was Saterdag.
Kunstenaars soos Jakkie Louw, Rocco van Schalkwyk en Alwyn Oberholster het die besoekers Saterdag vermaak, terwyl heerlike kos en meer spesiale aanbiedings die perfekte herbekendstelling voltooi het.
Die apteek beskik nou oor ‘n nuwe parkeerarea in 5de Straat en is steeds sewe dae ‘n week oop. ‘n Moderne interieur, vinnige professionele diens en ‘n afleweringsdiens wag op al die ou en nuwe kliente.
Amber (7) en Handré (6) Hattingh het Vrydag saam met hulle ma inkopies by die apteek gedoen. FOTO: Thelma Koorts
Geduld Apteek in Springs het die afgelope naweek die herbekendstelling van hul topgehalte, opgeknapte apteek gevier. FOTO: Thelma Koorts
Die apteek is modern met volgepakte rakke en vriendelike personeel is altyd byderhand. FOTO: Thelma Koorts
Gerhard Rochat is die eienaar van die Geduld Apteek. FOTO: Thelma Koorts
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.