Rita du Toit se hoed het die meeste beïndruk. Foto: Verskaf
Die senior burgers van die AGS Kerk, Jesus is Lig Gemeente, het Saterdag hul jaarlikse hoedkompetisie aangebied.
Dié gewilde jaarlikse gebeurtenis, wat vanjaar deur Louise Naudé georganiseer is, lok altyd indrukwekkende skeppings.
Geen moeite word gespaard nie, en die senior burgers verskyn met hoede wat koppe regtig laat draai. Vanjaar se vrouewenner was die 90-jarige Rita du Toit, wat die tradisie al vir jare ondersteun.
Bettie Koekemoer het die tweede plek behaal, Herster Engelbrecht die derde, en Simoné Maree die vierde.
Onder die mans het Thys Rossouw se hoed die meeste beïndruk en hom die eerste plek besorg, met Ruan Maree in die tweede plek.
Al die wenners het pryse ontvang wat deur borge geskenk is. Alta Hune het ook ‘n koopbewys ter waarde van R500 losgeslaan toe sy aangewys is as die persoon wat met die meeste oorgawe deelgeneem het.
Titel: Jesus is Lig Gemeente
Caption: Onder die mans het Thys Rossouw se hoed vir hom die eerste plek besorg.
Foto: Verskaf
Beskrywing: Bejaarde man met grys baard en bril met versierde hoed. Hy het 'n wit, rooi en swart t-hemp aan.
Titel: Jesus is Lig Gemeente
Caption: Ruan Maree was tweede.
Foto: Verskaf
Beskrywing: Jong man met baard. Hy het 'n groot rooi hoed met twee geel kolle op sy kop. Hy het 'n swart t-hemp met geek bewoording aan.
Titel: Jesus is Lig Gemeente
Caption: Simoné Maree was vierde.
Foto: Verskaf
Beskrywing: Vrou met versierde hoed. Sy hou 'n sertifikaat was. Daar is kunsblomme in die agtergrond.
Titel: Jesus is Lig Gemeente
Caption: Bettie Koekemoer se hoed het vir haar die tweede plek besorg.
Foto: Verskaf
Beskrywing:Bejaarde vrou met versierde hoed. Sy hou 'n sertifikaat was. Daar is kunsblomme in die agtergrond.
Titel: Jesus is Lig Gemeente
Caption: Hester Engelbrecht was derde.
Foto: Verskaf
Beskrywing: Bejaarde vrou met versierde hoed. Sy hou 'n sertifikaat was. Daar is kunsblomme in die agtergrond.
Titel: Jesus is Lig Gemeente
Caption: Alta Hune het ‘n koopbewys ter waarde R500 ontvang vir haar spontane deelname.
Foto: Verskaf
Beskrywing: Bejaarde vrou met versierde hoed. Sy hou 'n sertifikaat was. Daar is kunsblomme in die agtergrond.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.