VLU lid deel heerlike sjokoladetertresep
Die resep vir sjokolade tert vul twee oondpanne en bedien ongeveer 15 mense.
Hanlie Venter, ‘n lid van die VLU Springs-tak, deel haar geheime sjokolade tertresep met lesers van die Springs Advertiser om die feesseisoen te geniet.
Bestandele:
• Een koppie meel.
• Een koppie suiker.
• ‘n Kwartteelepel sout.
• Twee teelepels bakpoeier.
Maak ‘n holte in die droeë bestandele, waarin die volgende bestandele gegooi word:
• ‘n Halfkoppie olie.
• ‘n Kwartkoppie kakaopoeier aangemaak met ‘n half-koppie kookwater.
• Vier eiergele.
Klits die droeë en nat bestandele saam tot dit goed gemeng is. Klits eierwitte styf, en voeg ‘n halwe teelepel bakpoeier by. Vou dit by die sjokolademengsel in.
Gooi die deeg in dun lae in oondpanne, bak teen 180°C vir 45 minute, en wanneer die bakke uit die oond kom, maak gaatjies in die koekbasis met ‘n sosatie stokkie.
Die koekbasis word dan bedek met stroop, wat uit ’n driekwartblikkie Ideal Milk en ‘n halwe koppie suiker bestaan wat saam gekook is en toegelaat word om heeltemal af te koel.
Die basis word dan bedek met ‘n sjokeladebedekking wat bestaan uit ‘n plak sjokolade (of twee) wat saam die oorblywende Ideal Milk gesmelt word. Die resep vul twee oondpanne en bedien omtrent 15 mense.



