Local newsNews

Valentynsmaand: Stuur foto en wen R500

Het jy ’n foto wat liefde vasvang? Stuur dit in en wen ’n R500-koopbewys van Strubenvale Pick n Pay.

Februarie is bekend as die maand van liefde, en jy kan met jou besondere foto ’n lekker prys wen.

Die Springs Advertiser wil graag die liefde saam met ons lesers deel, en bied daarom ’n kompetisie aan waarin een gelukkige leser die kans staan om ’n R500-koopbewys van Strubenvale Pick n Pay te wen.

Al wat jy moet doen, is om ’n foto in te stuur wat liefde uitbeeld.

Dit hoef nie noodwendig ’n foto van ’n gelukkige paartjie te wees nie; dit kan ook ’n ma of pa en kind, troeteldier en eienaar, boeties en sussies, oupa en ouma of selfs die hele gesin wees.

Reëls:
• Alle persone in die foto moet toestemming verleen het dat die foto moontlik in die Springs Advertiser en op die webtuiste gepubliseer kan word.

• Die name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto moet aangedui word. Indien daar ’n troeteldier in die foto is, dui ook die dier se naam aan. Indien die inligting ontbreek sal die foto nie in ag geneem word nie.

• ’n Kort beskrywing van waar en wanneer die foto geneem is, moet ingesluit word.

• Foto’s mag nie ouer as ses maande wees nie.

• Slegs inwoners van Springs kan deelneem.

• Foto’s mag nie digitaal gemanipuleer wees nie.

• Volledige kontakbesonderhede moet die inskrywing vergesel (kontaknommer en adres).

• Die sluitingsdatum vir inskrywings is 6 Februarie om 10:00

• Stuur inskrywings na thelma@caxton.co.za

• Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

• Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie en die beoordelaars se beslissing is finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button