Hoërskool Hugenote se Midmar Myl swemspan samel R40 000 in
Hoërskool Hugenote het die grootste agt-myl skolespan ingeskryf by die Midmar Myl.
Die Hugenote-swemspan het tydens die 2026 Midmar Myl op 7 en 8 Februarie golwe gemaak as die grootste agt-myl skolespan.
“Die span het by Midmar Dam gewys wat dit beteken om ‘n ware Hugenoot te wees.
“As die grootste agt-myl skolespan het Hugenote swemmers nie net hul fisieke uithouvermoë nie, maar ook hul hart en karakter bewys,” sê Herman Rens, die spanafrigter.
Volgens Rens het die span meer as R40 000 ingesamel as deel van die Cows-inisiatief ten bate van hul gekose liefdadigheidsorganisasie, CHOC.
Die swemmers het ook as hulpswemmers vir deelnemers in die gestremde afdeling van die myl opgetree.
Die beste tyd in die agt-myl span is deur die matrikulant Björn du Preez behaal met 31:42 minute.
“Ons een-myl span het eweneens hul staal gewys deurdat elke swemmer hul persoonlike beste tyd verbeter het. Die vinnigste tyd is geswem deur Hugie, Jacobus Strydom (Graad Agt) met ‘n knap 30:18 minute,” sê Rens.
“Uitslae van harde werk en toewyding is hier met elke armslag bewys. Hierdie Hugies het die waters geroer en die rimpels leef steeds voort in die legende wat voortleef,” het Rens afgesluit.
ALSO CHECK: Rea Hamba Hiking calls on locals to lace up for first hiking trail
ALSO CHECK: Nine-year-old Springs boy writes faith-filled book inspired by family journey




