Local newsNews

Staatmaker-trofee vir tweede keer aan Carpe Diem lid toegeken

Lede van die Carpe Diem tak van die VLU het onlangs vergader en toekennings uitgedeel.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou-Unie, naamlik die Carpe Diem-tak het onlangs hul maandelikse vergadering by die AGS Kerk Fonteinedal aangebied, waar tak- en konferensie-toekennings oorhandig is.

Taktoekennings is oorhandig vir artikels in kategorieë soos kuns, eetgoed en handvlyt, wat die vroue gedurende die vorige jaar vir beoordeling ingeskryf het.

Dit is as volg:
• Sankie Jordaan het die gebak afdeling gewen.
• Aletta Ras het die fotografie-trofee gewen.
• Die lid met die meeste inskrywings was Sankie.
• Marie Bouwer het die voorsitterstrofee ontvang.
• Sankie, Marie en Ria Pretorius het 100% bywoning sertifikate gekry.

By die jaarlikese konferensie, ‘n geleentheid waar vroue van regoor die streek kan meeding met hul artikels, het die volgende lede ook toekennings verwerf:
• Wilna Evans het eerste plek verwerf met haar skildery wat met koffie geverf is.
• Marie Bouwer het eerste plek verwerf met haar beginner breiwerk, ‘n paar vingerlose handskoene.
• Louise Nothnagel het ‘n tweede plek behaal in die beginner blomme afdeling.
• Aletta Ras was tweede in die beginner breiwerk afdeling, na Marie.
• Desire van Wyk was tweede met haar skryfkuns.
• Michelle Walters was derde met haar 10-steek breiwerk.
• Bettie Bezuidenhout, Sankie Jordaan en Mariette van der Merwe het elk ‘n plek behaal in, onderskeidelik, fotografie, skilderkuns en masjien-naaldwerk.

Sankie Jordaan het die konferensie se Staatmaker-trofee ontvang; dit is slegs die tweede keer in Carpe Diem se meer as 40 jaar se bestaan dat dié eer toegeken word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button