Local newsNews

Drie Dance Directions-dansers blink uit op MSC Opera

Drie van die dansers het toekennings ontvang vir hul ondrskeie dansitems.

Drie dansers van die Dance Directions Studio het op die MSC Opera bootrit aan die MSC Galaxy of the Ocean kompetisie, aangebied deur die Dance, Talent and Model Association (DTMA), deelgeneem.

Die kompetisie het van 16 tot 20 Maart plaasgevind en Esmari Conradie, Anwiné Daniels en Hope Bailey het die toekennings behoorlik ingeryg.

Esmari Conradie het tweede in die contemporary dansafdeling, tweede in karakterdans, twede in die ope met ‘n bhangra dans, en derde in die liriese dansafdeling gekry.

Sy het ook met “creative” ‘n oorhoofse trofee en vier maal internasionale kleure weggestap, en is een van 25 dansers wat gekies is om DTMA International se SA span in 2027 by Disney World deel te verteenwoordig.

Anwiné Daniels het eerste in beide disco en contemporary gekry, twee oorhoofse trofees vir junior disco en pre-junior contemporary, en ‘n spesiale toekenning vir beste beginner. Sy het ook haar internasionale kleure gekry.

Hope Bailey het ‘n spesiale toekenning gekry, tweede vir ChaCha met internasionale kleure, derde vir Jazz met internasionale kleure, 92% vir Hip-Hop met internasionale kleure, en is gekies vir die SA span wat Disney World toe gaan.

Die talentevolle dansers se afrigter, Mariska Wolmarans, is baie trots op haar dansers.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button