Local newsLocal sport

Marouzanne’s Dance Academy neem deel aan Oos Rand Kunstefees

Die dansers het verskeie toekennings ingepalm in Kempton Park.

Dansers van Marouzanne’s Dance Academy (MDA) in Casseldale het aan die Oos-Rand Kunstefees in Kempton Park deelgeneem en baie goed gevaar.

Die kompetisie het gedurende April en Mei plaasgevind, waar die volgende toekennings ingepalm is:

  • Trinity Mendoza was die hoërskoolkategorie-wenner, asook die tweede algehele danswenner.
  • Mieke Ferber was die volwasse kategorie-wenner.
  • Charlia Rohm het 86% gekry vir haar “energy solo”.
  • Die MDA Ladies, Pitricha Rohm, Anja van Schalkwyk en Queline Gouws, het 76% gekry vir hul trio-dans.
  • Michke van den Berg het 85% gekry vir haar solo-jive.
  • MDA Queens het 89% gekry vir hul hip hop-groepdans.

Die dansskool is ook gekroon as Dansstudio van die Jaar.


Marouzanne Higgs (instrukteur) en Trinity Mendoza. FOTO: Verskaf
Charlia Rohm en Marouzanne Higgs. FOTO: Verskaf
Pitricia Rohm, Anja van Schalkwyk en Queline Gouws. FOTO: Verskaf
Marouzanne Higgs en Mieke Ferber. FOTO: Verskaf
Die Marouzanne’s Dance Academy dansers wat deelgeneem het. FOTO: Verskaf
Die MDA Queens hip hop dansgroep. FOTO: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button