Local news
Die VLU Carpe Diem-tak bied ‘n oggendtee in Springs aan
Kaartjies moet bespreek word voor of op 14 September vir ‘n oggend met heerlike verversings, geselligheid en vermaak.
Springs se VLU Carpe Diem-tak bied op 19 September ‘n oggendtee aan waar Steven Stirling en sy broer Ryan Walt die gaste sal trakteer.
Die verrigtinge begin om 09:30 vir 10:00 by die NG Kerk saal te Bothastraat, Springs-Noord, en kaartjies beloop R200 per persoon.
Heerlike verversings is ingesluit, met elke tafel wat ‘n storie sal vertel. Daar is ook ‘n kompetisie vir die beste tafel op die dag.
Die afsnydatum vir besprekings is 14 September.
Kontak vir Sankie Jordaan kan by 082 922 9712 of Marie Bouwer by 083 452 7615.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



