Bril vir Springs bejaarde bring groot verligting
Die bejaarde vrou is dankbaar dat sy nou veel beter kan sien.
‘n Bejaarde inwoner van die dorp het onlangs ‘n gratis bril ontvang, danksy die goedhartigheid van twee mense.
Cornelia Potgieter (82), wat in die Molendam Aftree-oord woon, sukkel met haar sig maar weens ‘n beperkte inkomste is dit nie vir haar moonlik om ‘n goeie bril aan te skaf nie.
Martie de Villiers van die Rise & Restore Project het te hore gekom van Cornelia se situasie en aangeklop by PA Venter Oogkundige, wat al in die verlede vele bejaardes gehelp het.
“Dit is belangrik en uiters noodsaaklik om te help waar ons kan, veral wanneer dit by ons senior burgers kom,” het Martie gesê.
Sy het ook groot lof gehad vir Pieter Venter wat weereens bereid was om ‘n inwoner te help om beter te kan sien.



