School sportSport

Johan die veelsydige sportman

Onthou gerus die naam Johan Maritz.

Hy is hoofseun van Laerskool Jan van Riebeeck en het gedurende 2014 provinsiale kleure in atletiek, rugby en krieket gekry.

Hy het geskiedenis gemaak vir die skool, aangesien dit die eerste leerling is wat in een jaar hierdie prestasie behaal.

Tydens die jaar se atletiekseisoen die Gauteng Atletiekspan as o/13 spiesgooier verteenwoordig.

Ook het hy tydens die SA Atletiekbyeenkoms sy item gewen is is dus as SA spiesgooi kampioen gekroon.

In Maartmaand het Johan die o/13 Easterns Indoor Krieketspan verteenwoordig by ‘n toernooi in Sandton.

Daar is hy verkies tot die SA o/16 binneshuisspan vir deelname in Australië volgende jaar.

Op rugbygebied het hy uitgeblink en het hy die Valkespan tydens die Cravenweek in Durbanv erteenwoordig.

Hierdie 13-jarige leerling hou egter baie van krieket en is verkies tot die Eastern o/13 span wat tydens die Desembervakansie aan die nasional krieketweek in Potchefstroom gaan deelneem.

Geen wonder krieket is sy passie nie, want hy het reeds tydens die krieketseisoen ses honderdtalle geslaan.

Volgens hom besef hy dat dit ‘n Godgegewe talent is wat hy het.

Om hierdie rede beoefen hy sy sport met toewyding en dankbaarheid teenoor God en sy familie wat hom ondersteun en bystaan.

Ten spyte van al sy sport presasies is nogsteeds ‘n nederige vriendelike seun wie se doelwit is om sy sprot te geniet en ‘n voorbeeld vir ander leerders te wees.

Herman Flemming, hoof van Jannies, sê hulle is baie trots op hulle hoofseun en dat hy geskiedenis gemaak het vir die skool.

Related Articles

 
Back to top button