Springs ringbalspanne vaar goed
Die Interdorpe Ringbal Toernooi het Saterdag met 'n hoogtepunt afgesluit.
Dit was die derde en finale byeenkoms van die seisoen wat by die bane van Olympiapark gespeel is.
Daar het 20 ringbalklubs wat aan die toernooi deelgeneem het.
Sedert die eerste rondte begin het, was die vroue ligaspanne Team X-Treme van Welgedacht en die Smackers van Boksburg, saam voor.
Tydens een van Saterdag se oop liga wedstryde het die Deep Heat mans en damesspan die Valies Eliminators met 12-6 gewen.
In die finale rondte van die vroue liga het Smackers van Boksburg 20 doele aangeteken teenoor Team X-Treme se 18 doele.
Dit was ‘n gelykop wedstryd tot in die laaste sekondes van die wedstryd toe die Smackers die laast spyker in die doodskis geslaan het deur hul wendoel in te gooi.
Sus Louw, ondervoorsitter van Welgedacht Ringbal Klub, sê ablei spanne was baie sterk en dit was ‘n harde wedstryd.
Omdat daar tydens die finaal uitspeel wedstryde plaasvind het sommige van die spanne tot en met nege wedstryde gespeel.
Die Royal Challengers mans span van Springs het ‘n harde wedstryd gehad teen die Fire Balls van Boksburg, maar het die knoop deurgehak deur met 32-20 doele te wen.
Volgens Sus was dit ‘n baie kompeterende wedstryd maar die plaaslike span was net te sterk vir hul opponente.
“Hierdie was ‘n goeie gehalte wedstryd,” sê sy.
Na afloop van die wedstryde is die wenners aangewys asook die vroue en mans spelers en skeidsregter van die toernooi.
Die vrou speler van die toernooi is Carlien du Plessis van Springs wat ook ‘n SA speler is.
Die mans speler van die toernooi is Francois de Beer van Boksburg.
Tommy Champan van Springs is aangewys as die skeidsregter van die wedstryd.
Sus sê daar het deurgaans ‘n goeie gees geheers tussen al die spelers.



