Local sportSport

Charmian slaan ‘n kishou

Charmian Esterhuizen het onlangs die "Women's Veteran of the Year" toekenning ontvang tydens 'n gala geleentheid.

Sy is die sensei van Kishou JKS Karate Academy en spog met ‘n hele paar prestasies.

Sy en nog ‘n atleet Adel van der Schyff het saam begin oefen het deelgeneem aan die National Warrior Race #8 in die Commando Elite Divisie.

Charmian sê dit was ‘n “gruelling obstacle race” oor 10km met 20 hindernisse wat in Muldersdrift gehou is.

Sy het ‘n tweede plek behaal en Adel het derde gekom.

Charmian het ook onlangs die Gauteng Karate Federation Awards Ceremony bygewoon in Sandton.Sy is nie net die veteraan vrou van die jaar nie, maar het ook nog vier prestasies behaal.

Sy het die toekenning vir “Senior Women’s Kumite, Veteran Women’s Kata, Veteran Women’s Kumite en Best Veteran Women’s Kumite Competitor overall” ontvang.

“Dit is ‘n enorme eer vir my om die jaar op so ‘n hoe noot af te sluit,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button