Local sportSport

Boksers met harte soos leeus

Boksers van Bert Collins Boks CLub het skitterend gevaar tydens 'n onlangse boks toernooi.

Clayton Meyer het in die 25kg-afdeling met ’n beslissing van 3-0 gewen en gewys hoe hoekhoue en “uppercuts” eintlik moet lyk.

Hoof-afrigter, Freddie Dicks glo Tim Lubbe was die sterker bokser tydens sy 3-0 oorwinning in die 30kg-afdeling.

Drie punte blyk die orde van die dag te wees toe Adriaan Colyn teen Xolani Zulu, van die Geo Maroon Boksklub in KwaThema, na ’n 3-0 beslissing met die louere weggestap het. Adriaan het ook tydens ’n onlangse ontwikkelingstoernooi, by die Randgate Boksklub in Randfontein, ’n geveg met 3-0 gewen.

“Met die hart van ‘n leeu en uitstekende vegtersgees is hy voorwaar ‘n aanwins vir die klub,” sê Freddie.

Koos Nienaber het ’n wentelling van 3-0 gehad in die 57kg-afdeling.

Christiaan du Preez het hom in die 32kg-afdeling goed van sy taak gekwyt en met ‘n 3-0 punte beslissing gewen.

Hy het ook sy geveg by die ontwikkelingstoernooi gewen en Freddie oorweeg dit om Christiaan vir die Ekurhuleni kampioenskap vir skoolgaande seuns en dogters in te skryf.

Joseph Lubbe het ’n nederlaag van 2-1 gely in die 38kg-afdeling en in die 40kg-afdeling kon Marnes Lochner nie die mas opkom teen Kumbulani Makoe, van die Geo Maroon Boksklub, nie en het verloor met ’n tegniese uitklophou.

Die klub hou op 1 Augustus vanaf 12nm tot 6nm ‘n toernooi waar die boksers weereens teen ander boksklubs gaan kompeteer. Die klub se oefentye is Maandae en Donderdae vanaf 6nm tot 8nm.

Enige belangstellendes kan Jeanette Dyzel vir meer inligting skakel by 073 893- 2364.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button