Local sportSport

Sus en Tommy is tops

Sus Louw (52) en Tommy Chapman (44) is Suid-Afrikaanse ringbal skeidsregters.

Albei afrigters en spanbestuurders het hul Protea kleure in Feburarie tydens ’n glansgeleentheid ontvang.

Juis by hierdie geleentheid is Sus en Tommy gekies deur Ringbal Suid-Afrika om onderskeidelik die 0-20 Protea dames- en mansspanne as spanbestuurders te lei met hul internasionale wedstryde teen Namibië en Indië.

Sus speel al sedert haar laerskooldae ringbal en glo dat die sport altyd in haar bloed sal bly.

Hierdie Selection Park inwoner het haar ook by Hoër Meisiesskool Hugenote goed van haar taak gekwyt en die verdedigingsposisie het haar vele prestasies in die sak gebring.

Sedert 1981 verwerf Sus jaarliks nasionale kleure in ringbal afrigting, as skeidsregter en as speler.

“Mens ontwikkel ’n liefde vir die sport ook omdat dit ’n familie sport is,” sê sy.

Haar loopbaan hoogtepunt tot dusver was om as Suid-Afrikaanse skeidsregter gekies te word.

Sus se prestasies beteken baie vir haar, maar sy glo dit is alles te danke aan die persone en spelers betrokke by die spel.

Tommy se ouers het beide ringbal gespeel en hy het grootgeword in die ringbal wêreld. As 14-jarige het hy sy eerste deurbraak gemaak.

Een van Tommy se hoogtepunte was toe hy in 1988 gekies is om in die vlerk posisie vir die SA mans 0-21 span uit te draf. Hy sê nog ’n hoogtepunt was toe hy as SA se afrigtersbestuurder en ook as onder-voorsitter verkies is.

Met sy ongelooflike spel haal hy elke jaar die SA span.

“Dit is nie iets wat sommer net in jou skoot val nie, jy moet ‘on top of the game’ bly, anders verbeur jy jou kanse om gekeur te word,” sê hy.

Voormalige Protea afrigter, Bets Stander is vir Sue en Tommy ’n rolmodel en al twee skeidsregters is verbonde aan die Welgedacht Ringbal Klub, waar Tommy voorsitter en Sus onder-voorsitter is.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button