Local sportSport
Ringbal prysuitdeling ’n sukses
Ekurhuleni-Oos Ringbal se jaarlikse prysuitdeling is Vrydagaand by Little Paradise gehou.
Die spanne wat Ekurhuleni-Oos gaan verteenwoordig by die jaarlikse SA kampioenskappe, is ook aangekondig. Die nasionale kampioenskap vind in Margate vanaf 4 tot 10 Oktober plaas.
Pryse en toekennings was uitgedeel aan al die bestuurders, spelers en afrigters wat deur die loop van die jaar presteer het.
Die toekennings het ingesluit:
- Sportpersoon van die jaar: Madelein Smit
- Speler van die jaar: Rhyno Smit
- Speelster van die jaar: Elri van Wyk
- Opkomende speler van die jaar: Arno van Tonder
- Junior speler van die jaar: Robbie Patterson
- Junior speelster van die jaar: Lee-Anne Greyvenstein
- Skeidsregter van die jaar: Clinton Hiepner
- Opkomende skeidsregter van die jaar: Jessica Chapman
- Afrigter van die jaar: Tommy Chapman
- Opkomende afrigter van die jaar: Bianca Vorster
- Spanbestuurder van die jaar: Sus Louw
- Opkomende spanbestuurder van die jaar: Riekie Grobbelaar
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



