Local sportSport

Jong spelers durf 18 putjies aan

Johannes Geldenhuys is trots op die 29 gholfers wat Vrydag aan die Spring Valley Junior Gholf Kompetisie deelgeneem het.

Die 29 jong spelers het 18 putjies aangedurf by die Springs Country Club.

Nege gholfers van die Delmas Junior Klub het saam met 20 spelers van die Johannes Geldenhuys Gholf Akademie deelgeneem.

Johannes (28), die afrigter van Johannes Geldenhuys Gholf Akademie, sê hy is voorwaar baie trots op die jong gholfers.

Janiv Watson (17) het die Spring Valley Junior Gholf wisseltrofee ontvang vir sy spoggerige 78 houe.

Tiaan Janse van Rensburg (16) se 83 houe het hom die tweede plek gehaal terwyl Stefan van der Merwe (17) se 85 houe hom die derde plek besorg het.

Nicholas ‘NJ’ Pretorius (13) se 79 houe het hom die titel van Spring Valley Junior Gholf kampioen besorg terwyl Edrich Botha (12) in die tweede plek met 84 houe geëindig het.

Sedert Johannes in Maart die gholf akademie op die been gebring het, het die ledetal reeds tot 40 spelers gegroei.

“Hierdie kinders het met soveel selfvertroue gespeel,” spog hy.

Zama Mabona (16) het besonder goed gevaar nadat sy haar eerste 18 putjies gespeel het en het die beste van al die dogters gespeel. Johannes sê hy is besonder trots op Zama se 116 houe aangesien sy nog net vyf maande se afrigting agter die rug het.

Kaya Masanabo (15) en Wiets Smit (15), SA Ontwikkelingsspan spelers, het ook nie sleg gevaar nie.

Kaya het sewende geëindig en Wiets sesde.

Bennie de Lange, Springs Country Club kaptein, sê dit is die eerste keer in 30 jaar wat daar soveel juniors by die klub is.

“Gholf kan net voortbestaan met juniors wat die sport beoefen,” sê hy.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button