Harde houe besorg hom die kampioenskappe
Thysse werk al jare om sy droom te verwesenlik maar moes dit ongelukkig eers vir sy studies opsysit.
Gerhard Thysse het Gauteng by die Suid-Afrikaanse Elite Bokskampioenskappe by Graceland Secunda verteenwoordig.
Na drie harde gevegte is hy as die Suid-Afrikaanse kampioen in die 81kg gewigsafdeling gekroon.
Thysse werk al jare om sy droom te verwesenlik maar moes dit ongelukkig eers vir sy studies opsysit.
Maar hierdie jaar was sy jaar om te wen.
Lees ook Boxers chosen for Ekurhuleni team
Thysse het in die kwarteindfinaal deur die toue teen Miyambo Ntsako (28) van Limpopo geklim en na ’n harde geveg is hy as die wenner met ’n 5-0 puntebeslissing aangewys.
In die semi-finale het hy teen Xolani Mngomezulu (36) van Mpumalanga geveg en het hy hom gewen nadat die skeidsregter in die tweede ronde die geveg gestop het.
Die finale geveg op Saterdag was die moeilikste aangesien sy opponent, Mzilrni Mbukeni (27) van KwaZulu-Natal, die gunsteling was omdat hy altwee sy vorige opponente met uitklophoue gewen het en fisies baie sterk is.
Alhoewel Thysse voorheen teen hom geboks het, was hy versigtig en het hy geweet hy moet vanaf die eerste ronde alles doen om Mbukeni van hom weg te hou.
Thysse het Mbukeni in die eerste ronde teen die planke gehad en ook in ronde twee was Mbukeni uitgetel as gevolg van ’n ongenadelike hou wat hy vanaf Thysse ontvang het en hom weer eens op die planke laat beland het.
In die derde ronde het Gerhard net geslaan en wegbeweeg en sodoende gesorg dat Mbukeni hom nie teen die planke kan slaan nie.
Lees ook Bert Collins Boxing Club punches its way to the top
Thysse het met ’n puntebeslissing gewen en is as die nuwe SA Elite kampioen vir 2018 gekroon en is ook vir die nasionale span gekies om Suid-Afrika internasionaal teen verskeie lande in die Nelson Mandela Cup wat vanaf 19 tot 21 Julie in Mandelabaai plaasvind, te verteenwoordig.
Afrigter Freddie Dicks was baie tevrede met Thysse se vertoning in die kryt en ook trots om nog ’n Suid-Afrikaanse kampioen te hê.
Bert Collins boksklub oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag van 6nm tot 8nm en almal is welkom om aan te sluit. Bel Jeanette Dyzel by 060 577 0127.
Follow us on our social media platforms:



