Twee jong dansers van die dorp Kara Steyn (10) en Dawsyn Janse van Rensburg (11) het beide gekwalifiseer om deel te wees van die Suid Afrikaanse span wat volgende jaar in Los Angeles aan die Wêreld Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste gaan deelneem.
Dit volg nadat dié twee talentvolle dansers, wat ook dansmaats is, vanaf 1 tot 8 Oktober aan die Suid- Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste te Rustenburg deelgeneem het.
Kara en Dawsyn het nie net uitsonderlik gevaar in hul solo items nie, maar het ook drie toekennings vir hul duet vertonings ontvang.
Also read: Dancers obtain Gauteng colours
Hulle dans al vir die afgelope ses jaar saam en is ook nasionale finaliste in die Allegretto Eisteddfod se gala-aand wat in November plaasvind.
Kara, wat ‘n leerder aan die Laerskool Selection Park is, het begin dans toe sy net vier jaar oud was.
Sy ding mee in ‘n groot verskeidenheid style en die toekennings wat sy reeds ingepalm het is ‘n ellelange lys.
Alhoewel sy dit gate uit geniet om te dans presteer sy ook in atletiek, landloop, netbal, swem, hokkie en tennis.
Dawsyn, wat ‘n leerder aan die Laerskool Jan van Riebeeck is dans ook reeds vandat hy vier jaar oud is.

Sy ouboet Ayden (18), wat die twee se passie vir dans deel, help met vir Kara en Dawsyn met hul afrigting.
“Ayden het veral gedurende die grendeltydperk gehelp met Kara en Dawsyn se afronding en hy was sommer hulle dans afrigter,” het Elaine Beytell, Kara se ma vertel.
Wanneer ‘n mens nie vir Dawsyn op die dansvloer kry nie is hy, net soos Kara, aktief besig met sportsoorte soos rugby, krieket, tennis, gimnastiek, atletiek en landloop.
Hy geniet dit ook om drama te doen en te sing.
Follow us on our social media platforms:






