Passie vir sport is André se dryfveer
André Smith aangewys as Springs Rugbyklub se Sportman van die jaar.
André Smith is tydens die Springs Rugbyklub se jaarlikse prysuitdeling, wat onlangs plaasgevind het, vereer met die top toekenning naamlik Sportman van die Jaar.
Die Addie het met André gesels oor sy prestasie en sy passie vir rugby.
Smith, wat ook kaptein van die klub se eerste span is, speel al rugby vanaf die ouderdom van ses jaar.
Hy was ook die speler wat vanjaar die meeste punte aangeteken het (171 in 14 wedstryde).
Die kranige rugbyspeler is in Kempton Park gebore en het sy skoolloopbaan aan Jeugland Hoërskool voltooi. Hy werk tans in die konstruksie bedryf.
Buiten rugby geniet André dit ook om krieket en golf te speel.
“Maar my groot liefde is rugby. Die samesyn en vriendskapsbande wat jy daarmee smee maak dit ’n sport wat ek vir niks sal ruil nie.” het André gesê.
Also read: Springs Rugby Club finish season undefeated
Die posisies wat André op die rugbyveld verkies om te speel was eers losskakel maar nou ook binne senter asook heelagter.
Hy speel reeds die afgelope vyf jaar vir Springs en draf sedert 2021 as kaptein vir die klub se eerste span uit.
Voordat André by Springs aangesluit het, het hy vir Kempton Park rugby gespeel.
André sien ‘n rooskleurige toekoms vir Springs Rugbyklub.
Die klub kan terugkyk na ‘n suksesvolle jaar. Daar is met groot passie gespeel en dit was verseker een van die sterker klubs in die area gewees.
“Rugby is ‘n spansport en elke speler, afrigter en administrateur wat deel is van die klub vorm pilare waarop ons die Springs rugby huis bou.
“Ons hoop om meer geleenthede in die toekoms te kry waar ons teen groter klubs kan speel en in kompetisies kan deelneem om ons staal te wys en hopelik kan terug ploeg met meer mense wat ons wil ondersteun.”
André het ook groot lof vir die afrigter van die klub, Ockert Brits.
Also read: Springs Rugby Club continues to dominate
“Daar is geen twyfel dat Ockert agter die sukses van die Springs Rugbyklub staan nie en dat hy die wiele verseker aandryf.”
Ockert het André se talent in Kempton Park raakgesien en hom na Springs gelok.
André se leuse waarin hy vasstaan is dat jy aan jou geloof moet vashou en nie afwyk waaraan jy glo en waartoe jy werk nie.
Ter afsluiting sê André oor die jeug van Suid-Afrika.
“Die jeug is ons toekoms en ons moet eerstens seker maak daar is sterk waardes is waarna hulle kan streef. Die jeug moet nooit ophou om hard te werk en hulle drome te laat verwesenlik nie.”
Follow us on our social media platforms:





