SPRINGS – Springs Rugbyklub het Saterdag in die Peregrine Liga teen Boksburg op Olimpia Park in Springs te staan gekom.
Al die spanne het met ’n goeie oorwinning weggestap. Die Ou Ryperd het gewys dat daar gewis heelwat spelers is wat nie skroom om hul kant te bring nie.
Die eerste span het 47–7 gewen.
Springs se vleuel Sweef Potgieter het drie keer agter Boksburg se doellyn gaan kuier.
Springs het altesaam sewe drieë gedruk. Ses van die drieë was vervyf gewees. In antwoord op Springs se punte het Boksburg een drie gedruk wat ook vervyf was.
Teen halftyd telling was die skrif reeds teen die muur. Springs 26 – Boksburg 7.
Drieë: Sweef Potgieter (3), een drie elk van Schalk O’Callaghan, Johan Zondagh, Felix Toma en Armand Jordaan.
Brandan Hewitt her ses van die sewe drieë verdoel.
Springs se tweede span het met 31 – 7 geseëvier en die o21 span het ook ‘n wen aangeteken met 45-8.
Springs se volgende wedstryd is 22 April teen NWU in Potchefstroom.
: Dominican Republic keen to help develop baseball in South Africa




