KYK: Ringbal ontwikkelingsdag stel sport bekend aan publiek
Die Springs Klub het uitgehaal en gewys in die wedstryde wat deur die dag gespeel is.
Springs Ringbal Klub het op 1 Februarie ‘n ringbal dag in Brakpan aangebied.
Wedstryde is gespeel is om vir nuwelinge die spel te leer. Altessaam 12 spanne van regoor die streek het kragte gemeet op die baan.
Nuwelinge het ook die geleentheid gehad om oefeninge op die proef te stel, wat deur gesoute spelers gedoen word om hul veerkrag en vaardigheid te verbeter.
Springs het sewe spanne in die vriendskaplike liga gehad.
Die spanne van Springs was Flamingo Force (ses wenne), Ultimate Mix (vyf wenne, een verloor), Super Dupers (ses wenne), Butts ‘n Nuts (vyf wenne, een verloor), Goal Diggers (een wen, vyf verloor), Hop Hop Spinnekop (vier wenne, twee verloor), en Main Honne (vier wenne, twee verloor).
In die top liga was Flamingo Force die wenners met Ultimate Mix in tweede plek.
In die ‘bottom’ liga was Super Dupers eerste en Butts ‘n Nuts tweede.
Die spesiale toekennings is:
• Bes geklede span: Flamingo Force.
• Speler van die dag: Jason van den Heever.
• Speelster van die dag: Magdalise Grundling.
• Opkomende speler van die dag: Merrik Bloem.
• Opkomende speelster van die dag: Anecha Kotze.
• Spanbestuurder van die dag: Ansie van Tonder.
• Skeidsregter van die dag: Flippie Bronkhorst.
Springs Ringbal Klub oefen elke Maandag en Woensdag aande vanaf 18:30 tot 20:45 op Hoërskool Hugenote se bane en enigeen is welkom om aan te sluit.
Vir inligting kontak Ansie van Tonder by 064 554 3288 of Sus Louw by 071 362 8920.












