Wors is die afgelope 26 jaar ‘n lojale man vir Molly. Hy is ook pa van twee.
Daar is sy seun Vaatjie, wat moes trou met sy swanger meisie Shardonay, en sy dogter Blapsie wat op die punt staan om verloof te raak aan haar kĂŞrel Hardus.
Wors werk by F1 Fitment Centre in Johannesburg en staan ‘n kans om die Verkoopsman van die Jaar-toekenning te wen. Dis nie die eerste keer wat hy die kans staan nie, maar hy het nog nooit die groot prys gewen nie.
Almal is verras as Wors nie net ‘n groot toekenning wen nie, maar ook ‘n reis na Amsterdam. Molly gaan saam, maar dinge werk nie uit soos dit moes nie en Wors eindig alleen in Amsterdam op.
Lizz Meiring, Willie Esterhuizen, Gerhard Odendaal, Carien Botha, Marga van Rooy, Ben Kruger, Marcel van Heerden, Alvin Bruinders, Karen Wessels, Lelia Etsebeth en Joey Rasdien vertolk van die hoofrolle.



