EntertainmentLifestyle

Lollos vertoning kom na Springs

Die Kindervermaakspan bring Lollos na Springs.

Die vertoning vind plaas op Dinsdag om 6nm by Springs Stadsaal.

Lollos is ’n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van een tot 10 jaar oud.

Joleen Coetzee van die Kindervermaakspan vertel dat Lollos se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans. Die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word en hulle leer ook iets.

“Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer,” sê sy.

Lollos het tot op hede nege CDs en DVDs uitgereik waarvan almal platinum status bereik het.

Lollos het ook ’n Sama-toekenning vir die beste kinderalbum gewen, ’n Ghoema toekennning nominasie in 2015 verwerf en dan ook in 2015 die Tempo Toekenning vir die topverkoper DVD gewen.

Lollos en die karakters is so gewild dat Kindervermaak oor die afgelope paar jaar hulle eie reeks produkte bekendgestel het wat onder andere storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere, sagte speelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ’n Lollos partytjiereeks en meer insluit.

’n Hele paar van hierdie items sal ook op die dag by die konsert te koop wees.

“Lollos se gunstelling kunstenaars om mee saam op te tree is almal wat al saam met hom op die DVDs was,” vertel Joleen.

Dit sluit Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Robbie Wessels, Heinz Winckler, Jakkie Louw en ander in.

“Lollos se gunstelling kleur is groen en hy hou baie van gesonde kos soos vrugte, groente, vleis en dan beslis Lalalollies!”

Wat dink Lollos van die maatjies in Springs Land?

“Hy kan nie wag om saam met hulle te sing en dans nie. Hy hoor dat hulle te lekker lag en dans.

Navrae by admin@kindervermaak.co.za of skakel 082 868 3056 of 082 410 7682.

 

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button