EntertainmentLifestyle

Wen kaartjies om André, Die Skreeusnaakse Hipnotiseur by Carnival City te sien

Die Skreeusnaakse Hipnotiseur tree al die afgelope amper drie dekades dwarsdeur Suid-Afrika op, en vermaak gehore steeds met sy skaterlag-vertonings landwyd.

André, Die Skreeusnaakse Hipnotiseur tree al die afgelope amper drie dekades dwarsdeur Suid-Afrika op, en vermaak gehore steeds met sy skaterlag-vertonings landwyd.
Aanhangers kan gereed maak vir ‘n splinternuwe vertoning by Carnival City se Applause Vrydag (4 September) en Saterdag (5 September) elke aand om 7nm.
Daar is ook ‘n spesiale vertoning volgende Woensdag (9 September) om 6nm, wat opgeneem gaan word vir televisie.

Also read:

Lefra bied Pieter Smith aan

André is verheug om weer voor ‘n gehoor te kan optree.
“Na die inperking van vyf maande, kan ek nie wag om ‘n klomp vrywilligers onder hande te neem en te verander in sangers, dansers, diere en huishoudelike items nie.
“Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke en gaste moet onthou dat ons alle Covid-19 protokol streng sal handhaaf”, sê André.
André verduidelik ook dat hipnose nie gevaarlik is nie.
“’n Mens onder hipnose verloor nooit beheer oor wat hy doen nie, en hy onthou presies wat hy gedoen het.
“Mense doen snaakse dinge op die verhoog, want dis presies wat van hulle verwag word.
“Alle suggesties waarop die persoon sal reageer sal binne die raamwerk van die vrywilliger val.
“En ‘n mens se brein beskerm jou op só ‘n manier dat jy nie jou diepste geheime sal uitlap nie.
“ ‘n Vrywilliger sal hom byvoorbeeld nie kaal uittrek tensy hy iemand is wat in elk geval by elke partytjie so iets doen nie,”lag André.
“Ek is gek oor my werk,” sê hy. “Daar is niks wonderliker as ‘n gehoor wat skater en applous gee nie.”
Maak so om kaartjies te wen:
Drie lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen na André, Die Skreeusnaakse Hipnotiseur by Carnival City vir Vrydag (4 September) se vertoning om 7nm.
Om ‘n kans te staan hoef jy net ‘n e-pos te stuur na wen@lefra.com. Meld Lefra en Springs Advertiser as onderwerp.
Onthou ook om jou naam, van, kontaknommer asook die dorp waar jy woon te noem.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag (3 September) om 6nm.

Also read:

Broadway hits on Lefra’s Cellar Concerts

Wenners sal telefonies gekontak word.
Die volgende Covid-19 protokol is in plek wanneer jy Carnival City besoek:
• Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word
• Elke gas moet sy of haar identiteitsdokument of MVG-kaart by die ingang toon
• Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande saniteer by die ingange
• Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word
• Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word
• Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.

Follow us on social media:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button