EntertainmentLifestyle

Twee Applouskonserte dié week te sien

Na Lefra se uiteindelike terugkeer na die verhoog met hulle eerste Applouskonsert die afgelope naweek, bring hulle die week sommer twee konserte Carnival City toe.

Na Lefra se uiteindelike terugkeer na die verhoog met hulle eerste Applouskonsert die afgelope naweek, bring hulle die week sommer twee konserte Carnival City toe.
Die sangeres Helene Bester bring Donderdag om 7nm hulde aan die ikoniese Nana Mouskouri en Mathys Roets stel sy nuwe produksie, Reën, Sondag om 3nm bekend.
Bester se produksie is verlede jaar onder groot toejuiging tydens die Oppiwater Kunstefees bekendgestel.

Also read: Broadway hits on Lefra’s Cellar Concerts

Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en die musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser, ook Helene se begeleier, tydens die Mouskouri-vertonings.
Die Mathys Roets konsert Sondag is beslis een om nie mis te loop nie.

Mathys Roets stel sy nuwe produksie Reën Sondag bekend.

“Ons moes nege jaar wag vir Mathys Roets se nuutste album, en daarmee saam, ‘n nuwe vertoning,” het Swart gesê.
In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie in Reën met diepte en warmte gevul.
Wat hierdie vertoning so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.
Mathys deel sy digterlike versamelstukke van die afgelope paar jare op intieme met die gehoor.

Also read: Lefra brings quality entertainment to your living room

Besprekings vir al die Applouskonserte kan gedoen word by Computicket of deur vir Monica Booysen by 011 815-3000 te skakel of deur ‘n e-pos te stuur na admin@lefra.com.
Die volgende Covid-19 protokols is in plek wanneer jy Carnival City besoek:
• Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word.
• ‘n Identiteitsdokument of MVG-kaart moet by die ingang getoon word.
• Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande ontsmet by die ingange.
• Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word.
• Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word.
• Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.

Follow us on social media:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button