EntertainmentLifestyle

Twee broers maak naam by Mr Premier Star 2021

“Modelwerk gaan beslis nie net oor die uiterlike nie.”

Twee leerders van Hoërskool die Anker, Jeandré Doubell (17) en sy jonger broer Willie Smuts (15), is baie tuis op ‘n loopplank en ryg die een titel na die ander in.
“Willie het in September 2017 reeds met modelwerk begin en Jeandré het kort daarna (in 2018) in sy spore gevolg,” vertel hulle ma, Marycke Smuts, trots.
Die twee broers, wat deel van ‘n groot gesin is, vertel dat hul modelagentskap, Younique Modelling, ook deel van hul familie is.
“Ons geniet die kompetisie en dit is lekker om te wen, maar selfs op die dae wat ons nie so gelukkig is nie, is ons uitgebreide ‘familie’ daar om ons te ondersteun en by te staan.
“Ons modelafrigter, Cecilia van Eeden, is ‘n groot inspirasie vir al haar modelle en berei ons voor om mekaar met respek te hanteer en altyd te wen met dankbaarheid.”

Also read: Jong model glo om te help waar sy kan

Jeandré en Willie woon saam met hul ma en pa, Francois, asook twee broers Jean Smuts (23) en Tian Smuts (20) en twee jonger sussies Megan Roodt (11) en Melanie Roodt (8) in Selcourt, Springs.
“Modelwerk gaan beslis nie net oor die uiterlike nie,” verduidelik die broers.
“Ek het begin met modelwerk om te werk aan my selfbeeld, en ook om ‘n loopbaan in die modelwêreld te geniet,” vertel Willie.
Mr Premier Star 2021 is ‘n onlangse kompetisie waaraan beide met welslae deelgeneem het.
“Ek het hierdie kompetisie gewen, en Willie was eerste prins. Dis ‘n besonderse eer om saam met jou broer gekroon te word,” vertel Jeandré.

Jeandré Doubell op die loopplank tydens die onlangse Mr Premier Star 2021-kompetisie. Jeandré het die kompetisie gewen en sy broer, Willie Smuts, was die eerste prins.

“My model loopbaan het eers begin as ‘n lekker familie aktiwiteit, maar namate ek en Willie saam begin deelneem het, het my belangstelling in modelwerk gegroei en beteken dit vir my meer as enige ander sportaktiwiteite,” verduidelik Jeandré.
“Op hierdie stadium is die grootste uitdaging vir ons die Covid-19 pandemie. Dit affekteer die hoeveelheid kompetisies waaraan ons kan deelneem asook die blootstelling wat ons daaruit kan kry.
“Ons berei voor deur gereeld modelskoolklasse by te woon. Ons woon ook privaatklasse voor kompetisies by, waartydens ons saam met ons afrigter werk aan spesifieke tegnieke en style wat pas by die kompetisie waarvoor ons inskryf,” verduidelik die twee.
“My ma is verantwoordelik vir die uitrustings. Die kleredrag is ‘n baie belangrike deel van enige kompetisie,” sê Willie.

Also read: Uniquely Me, a pageant for children with special needs

Vrye tyd is nie iets wat die broers veel van het nie, alhoewel hulle tyd maak daarvoor.
“Ek hou van atletiek en landloop. Ek ysskaats graag en geniet dit om by vriende en familie te wees. Ek het onlangs my leerlinglisensie gekry vir beide my motorfiets en motor, en geniet die vryheid wat ek nou ervaar deur self te kan rondry,” vertel Jeandré opgewonde.
Willie neem ook deel aan atletiek alhoewel hy swem verkies. Soos sy broer, geniet hy ysskaats en doen hy ook karate. Hy neem ook deel aan kunswedstryde.
“My grootste droom is om volgende jaar in New York gesien te word by die International Model and Talent Association, waarvoor ek in 2019 al gekeur is,” vertel Willie.

Follow us on our social media platforms:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button