Brakpan te sterk vir Springs in Presidentsbeker-halfeind

Brakpan het Springs Saterdag op Bosmanstadion oortuigend geklop, met groot oorwinnings vir beide die eerste- en tweedespanne.

Brakpan en Springs Rugbyklub se eerste en tweede spanne het 18 April, op Bosmanstadion kragte gemeet met Brakpan wat in albei wedstryde duidelik die botoon gevoer het.

Die tweedes het in ’n vriendskaplike kragmeting gespeel, waar Brakpan van vroeg af die pas aangegee het en uiteindelik oortuigend met 55-14 gewen het.

Die eerstes het mekaar in die Presidentsbeker-halfeindstryd gepak, waar Brakpan ook sy stempel afgedruk het en Springs met ’n beslissende 75-14 geklop het.

In albei wedstryde het Brakpan eerste punte aangeteken deur drieë te druk en te verdoel. Hulle het ook sterk verdediging getoon en oorheersende balbesit gehandhaaf.


Brakpan draf op die veld. PHOTO: Charma du Plessis
Springs, se eerste en tweede spanne het hul bes gegee maar Brakpan was net te sterk op al die gebiede. PHOTO: Charma du Plessis
Springs en Brakpan het mekaar Saterdag die stryd aangesê op Bosman Stadion. PHOTO: Charma du Plessis
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button