Ouer spelers nou welkom by Bobbies Junior Rugbyklub
Die rugbyklub het nou 016 en o18 spanne waarby spelers kan aansluit.
Die Bobbies Junior Rugbyklub brei uit en sluit nou ook o16- en o18-spanne in, wat jong spelers nóg meer geleenthede gee om hul rugbyvaardighede te ontwikkel en deel van die groeiende klubfamilie te word.
Die klub nooi spelers in dié ouderomsgroepe uit om aan te sluit by oefeninge wat elke Maandag en Woensdag vanaf 17:30 by Hoërskool Die Anker plaasvind.
Of spelers reeds ervaring het of vir die eerste keer die rugbyveld betree, almal is welkom.
“Kom bou jou vaardighede, maak nuwe vriende en wees deel van iets besonders,” sê Isabella Greyvenstein, woordvoerder van die klub.
Belangstellendes kan Stella Venter by 067 751 0112, Leon van Rooyen by 064 736 1450, Mike Botha by 083 868 0860 of Roshelda Botha by 079 394 8178 kontak vir meer inligting.



