Local newsNews

Steven Stirling vermaak by VLU-fondsinsameling in Springs

Die Carpe Diem tak van die VLU beplan 'n groot fondsinsamelingsprojek vir hul liefdadifheid en deelname.

Die Springs-tak van die Vrou Landbou-unie (VLU), Carpe Diem, het op Woensdag 13 Mei hul maandelikse vergadering gehou, waartydens verskeie projekte en toekomstige planne bespreek is.

Een van die tak se groot liefdadigheidsprojekte vir die jaar is om items en geld vir Epilepsy SA in Geduld in te samel. Volgens die tak is beddens, matrasse en toiletware van die dringendste benodigdhede.

Om dié projek, sowel as ander inisiatiewe van die tak, te ondersteun, word ’n fondsinsameling op 19 September vanaf 09:30 in die saal van die NG Kerk in Bothastraat aangebied.

Kaartjies kos R200 elk, en lede van die tak sal as gasvroue by die tafels optree. Vermaak vir die oggend word deur sanger Steven Stirling verskaf.

Die volgende vergadering vind op 10 Junie plaas. Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, skakel die voorsitter, Desiré van Wyk, by 073 631 9511.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button