InternationalSport

Skutte geniet ’n heerlike dag

Die wenners van die dag was in eerste plek, Jacques Kriek en hy het die Howa Creedmor geweer ingepalm.

Laerskool Balmoral se eerste skietkompetisie was ’n reuse sukses.

Skuts het op Saterdag 14 April gewys wat in hul steek en nie die mis of koue weer kon oud of jonk weghou van diè groot dag se opwinding nie.

Desmond Mulder (foto: verskaf).

Deelnemers het van heinde en verre gery om die groot pryse, wat gewissel het van ’n blouwildebees tot ’n Howa Creedmor geweer, in te palm. Om nie eers te praat van die gelukkige trekkings nie.

En net soos die skiet kompetisie, het diè trekpryse gewissel van haelgewere, enkel skut.22, ’n geslagte bok en vele meer.

Die jongste skuts was leerlinge van Laerskool Balmoral, Desmond Mulder, Tiaan Coetzee en Herman Rogers, al drie is slegs 13 jaar oud.

Die oudste skut wat aan die dag se verrigtinge deelgeneem het was Oom Seeman, wat op sy jonge ouderdom van 85 nog ’n paar jonger manne ’n ding of twee kon wys as hy die sneller trek.

Herman Rogers (foto: verskaf).

Die wenners van die dag was in eerste plek, Jacques Kriek en hy het die Howa Creedmor geweer ingepalm.

In tweede plek was Renier Reynders en hy het ’n jagnaweek en ’n koedoe gewen.

In derde plek was Andrè Botha, wat die blouwildebees gewen het.

Sonder die borge kon die dag nie moontlik gewees het nie en die skool bedank graag elkeen wat ’n bydrae gemaak het en die dag ondersteun het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button