InternationalSport

Maak lyne nat by Loskop

Boot- of oewerhengel is toelaatbaar

Die Forever Resort Loskop Dam sal hierdie jaar vir die twintigste keer die Loskop Kurper Bonanza aanbied.

Die bonanza vind plaas op 2 Maart.

Boot- of oewerhengel is toelaatbaar.

Die lyne sal vir die eerste keer om 05:00 natgemaak word.

Die fooi per hengelaar is R300, maar as jy inskryf voor 26 Februarie gaan dit jou slegs R250 kos.

Gelukkige trekkings en ’n vakansie ter waarde van R100 000 is maar net ’n fraksie van die pryse wat gewen kan word.

Bring jou kaartjie saam na die inweeg.

Vir meer inligting of enige navrae skakel gerus Eppie du Plessis: 082 674 3420 of Johan Pieterse: 072 295 0610.

Jy kan ook die webtuiste besoek by loskopkurper.nhkmarblehall.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button