InternationalSport

Bosvarke spog in Balmoral

Die bestuur van die Sebratak wil graag hul dank uitspreek aan elke skut wat deelgeneem het vir hul mooi sportstmangees en dissipline tydens die kompetisie

Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se plaaslike tak het Saterdag, 2 Maart die Mpumalanga Noord Uitdaag Spanskiet kompetisie op die Dwandzani Skietbaan in Balmoral aangebied.

Die kompetisie het nege spanne van vyf skuts elk gehad wat deelgeneem het.

Die dag het gesorg vir groot pret en die skuts het besonders goed gedoen.

’n Maksimum van 450 punte kan behaal word.

Die skuts het meegeding in twee afdelings – naamlik die Vlakvark teiken en die Rooibok teiken.

Die verskillende skuts se punte is bymekaar getel om die wenspan vir die dag aan te wys.

Die Platorand Bosvarke het heel bo geëindig met 381.30 punte, die Afrika Olifante was tweede met 348.15 punte en die Sebratak se Vlakvarke was derde met ’n indrukwekkende 333.17 punte.

Die bestuur van die Sebratak wil graag hul dank uitspreek aan elke skut wat deelgeneem het vir hul mooi sportstmangees en dissipline tydens die kompetisie.

Ook ’n dankbetuiging aan elke persoon wat die dag moontlik gemaak het.

Vir inligting om by die vereniging aan te sluit, kontak die lede administrateur, Kevin Opperman by 082 552 6322 of die voorsitter, Ian Rautenbach by 076 423 2375.

Die Platorand Bosvarke was die wenspan van die dag; hier staan DP Botha, HJ van der Merwe, JS Davel, MJ Uys en J Davel na hulle welverdiende wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button