Die balle rol tydens rolbaldag
Die oud-Springbok losskakel, Jannie de Beer het namens Flowcentric alle spelers welkom geheet en met ’n paar gepaste kwinkslae verrigtinge geopen
Die eerste Flowcentric Mining Technology rolbaltoernooi is onlangs by Witbank Rolbalklub gespeel.
Op Saterdag 9 en Sondag 10 Februarie het 18 spanne van vier teen mekaar meegeding.
Saterdag is drie wedstryde van 15 koppe elk en Sondag twee wedstryde van 15 koppe gespeel.
Die oud-Springbok losskakel, Jannie de Beer het namens Flowcentric alle spelers welkom geheet en met ’n paar gepaste kwinkslae verrigtinge geopen.
As nuweling op die rolbalbaan moes hy die versoeking weerstaan om nie die (rol)bal met ’n goed gemikte ‘skop’ na die ‘witte’ af te stuur nie.
In heelwat wedstryde is goeie rolbal gespeel en was die finale tellings tot op die einde in die weegskaal.
Na die afhandeling van die vyf wedstryde was die eerste vier plekke ingeneem deur die Bulle wat bestaan het uit G Oconnell, P Bray, F van Rensburg, en J Strumpher met ’n telling van 45+38, gevolg deur Immortals (35+13).
Die Warthogs (35+8) was derde en die Woodhuckers (34+29) in vierde plek.
Die plaaslike dierebeskermingsvereniging het gebaat uit die dag en R400 is aan hulle geskenk.
Die rolbal-president Paul Bray het almal bedank vir hul ondersteuning om die toernooi ’n sukses te maak.
Spelers van Witbank-klub, Witbank Gholf, Groblersdal en Middelburg Rolbalklub, asook 19 spelers wie nie aan ’n klub behoort nie het deelgeneem. Flowcentric is bedank vir hul ondersteuning.
