InternationalSport

Kosmos Hengelklub durf Trichardtsfontein se watergras aan

Kosmos Hengelklub het hul klubkompetisie gehou by Trichardtsfonteindam.

Kosmos Hengelklub het hul klubkompetisie gehou by Trichardtsfonteindam.

Agt hengelaars het deelgeneem en ’n totaal van 79 vis is ingeweeg met ’n massa van 34.740kg – 44 karpe, 34 moddervisse en een geelvis is gevang.

Die swaarste karp is gevang deur Nico Veldman met ʼn gewig van 1.850kg, swaarste geelvis – Leon Nell met ʼn gewig van 0.450kg, swaarste moddervis – Nico Veldman met ʼn gewig van 0.490kg.

Die volgende klubkompetisies vir Junie is op die Saterdag, 1 Junie en Saterdag 8 Junie te Remhoogte.

Vir enige belangstelling of navrae kontak Jaco Nel (voorsitter): 079 876 8701 of Marelena van der Merwe (sekretaresse): 082 338 7804.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button