InternationalSport

Christiaan hardloop sommer 100km

Hy het die comrades in 10.45 gedoen

Die gesegde lui: ‘Aanhouer wen’ en Christiaan de Vries het aangehou tot hy die Comrades Marathon voltooi het.

“Ek love dit. Dit was awesome,” het Christiaan gesê.

Hy het die comrades in 10.45 gedoen.

Hy het vertel hoe hy hierdie jaar vir die derde keer probeer het.

In 2017 het ek die Donderdag voor die comrades brongitis gekry en ek het gegaan vir ’n drip en steeds gaan hardloop.

Ek het hier by 70 kilometer besef ek gaan nie klaar maak nie en het gestop.

Verlede jaar het ek in Februarie ’n Bronkhorstspruit wedloop gedoen en my voet seergemaak.

Dit het lank gevat om te herstel en ek het steeds die comrades aangedurf.

Ek het tot by 45 kilometer gekom.

Ek dink die jaar het ek dit baie anders benader.

Jy moet die wil hê, jou kop moet reg wees.

“My oefening, voorbereiding en alles was anders die jaar,” het Christiaan vertel.

Hy het gesê dat die roete van Durban na Pietermaritzburg een was om mee te reken.

“Daar was al baie korter wedlope wat vir my baie erger was. Ek het elke oomblik geniet.”

Hy het vertel dat hy byna 20 kilogram verloor het.

“Ek was nooit die hardloop-tipe nie. Ek het altyd gesê, ek het ’n kar, ek hoef nie te hardloop waar ek wil wees nie. Maar ’n klomp ouens by die werk het begin Bootcamp en toe klink die hele opset vir my lekker. Ek het iemand gesoek wat my ‘drill’ en Bootcamp het geklink na die ding om te doen en daar hardloop mens nogal baie,” het Christiaan verder gesê.

Hy het ook vertel dat hy vir byna ’n jaar geoefen het en een Desember besluit om ’n vyf kilometer te gaan hardloop.

“Ek het besef dis nie so erg nie en daar het die gogga my gebyt. Ek het besef ek geniet dit nogal om te hardloop. Ek het Januarie 2016 begin hardloop en in Maart daardie jaar my eerste maraton gedoen. Ek het ’n inskrywing vir die Loskop gekry en toe is ek ge‘hook’. Ek geniet dit so baie om te hardloop, dit word so groot deel van jou lewe en ek kan myself nou nie sonder ’n dag se hardloop indink nie,” het Christiaan gesê.

Hy hardloop in die aand na werk en hy rus vir so twee dae ’n week, gewoonlik op ’n Dinsdag en Vrydag en hy het gesê mens moet maar na jou lyf luister.

Hy het ook ten slotte gesê: “Ek sal weer die comrades doen. Ek glo jy moet ’n uitdaging hê en vir jouself doelwitte stel. Dit is hoe jy gemotiveerd bly.”

Hy wil graag vir Wendy en Ronel bedank vir hul bydrae in sy ‘strength training and conditioning’ en ook vir Jakes Muire.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button