Local newsNewsUpdate

Junior jagters leer baie by kursus

Daar is hard geleer te midde van groot opwinding by die afgelope Junior Jagterskursus wat aangebied was deur die Hoëveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Die Fase 1 en 2 opleiding het vanaf 30 Maart tot 4 Mei by Dwanzani Skietbaan op Balmoral plaasgevind.

Teoretiese en praktiese opleiding is verskaf aan die junior jagters wat verskeie aspekte gedek het soos wetgewing, etiese jag, spoorsny, natuurbewaring, skootplasing, wild uitkenning, herlaai van ammunisie, noodhulp en oorlewing om maar ’n paar aspekte te noem.Die juniors het lang ure in die klas deurgebring, maar het beslis die praktiese sessies terdeë geniet, veral met die bok afslag waar hulle self die geleentheid gekry het om hulle hande vuil te maak en ook met die spoorsny.

Daar was ’n volle dag aan wapenhantering, veiligheid en skiet spandeer waar die juniors op verskeie afstande en teikens moes skiet. Daar was ook lantern bekruip in die aand, asook ’n praktiese demonstrasie oor slange.

Die teorie, prakties en skietoefening moes alles geslaag gewees het om die junior te bevorder na die fase 3 opleiding waar hulle ook dan die geleentheid gebied word om self jag te maak op ’n bok. Die fase 3 opleiding sal aangebied word vanaf 5 tot 12 Julie op Groblersdal.

Die Hoëveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging beywer hulle tot etiese jag en natuurbewaring, dit is om dié rede dat sulke kampe en opleiding voortdurend aangebied word om jagters en junior jagters toe te rus met die nodige kennis en vernuf om goeie, etiese jagters te word.

Die jagtersvereniging wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om die persone, instansies en ouers te bedank wat die afgelope naweek moontlik gemaak het asook hulle bydrae tot die ontwikkeling van die sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button