Local newsNews
Eienaar en Jafta spoor koei op
Veediefstal het byna groot verlies veroorsaak vir mnr. Jan Nel.

Veediefstal het byna groot verlies veroorsaak vir mnr. Jan Nel.
Op Woensdag, 11 November het een van sy werkers, Jafta hom in kennis gestel dat een van sy koeie weg is. Hy en die werker het gery en die koei gesoek, met die hoop dat dit dalk weggedwaal het. By een van die buurplotte het hy die koei gesien en die eienaar gaan spreek hieroor.
Die eienaar van die plot het aan Nel gesê dat ’n man daar aangekom het en gesê het dat hy die koei verkoop.
Die eienaar van die plot het gesê dat hy nie belangstel nie, waarna die verkoper die koei net daar gelos het.
Die koei is na sy eienaar terugbesorg en ’n saak van diefstal geopen by Witbank Polisie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
