CrimeNews

14-jarige word ma na verkragting

Hartverskeurende sake van verkragting gebeur elke dag in ons midde, en die ouderdomme van slagoffers en verdagtes laat jou snak na jou asem.

Hartverskeurende sake van verkragting gebeur elke dag in ons midde, en die ouderdomme van slagoffers en verdagtes laat jou snak na jou asem.

In jou sesde jaar van jou lewe, is barbie poppe of karretjies dinge waarin meeste kinders belangstel.
Ongelukkig is daar mans wat sulke klein meisies misbruik. Met ’n ompad van stories, het die ma van die slagoffer uitgevind dat haar dogtertjie verkrag is. Sy het na bewering gaan kruideniersware koop en die slagoffer by ’n vertroueling gelos. Met haar aankoms was die slagoffer histeries en het geskree en gehuil.
Na die gebeure oopgevlek is, is ’n beskermingsbevel teen die slagoffer aangevra en ingestel.

Die saak word steeds ondersoek deur Witbank Polisie.
Op 14-jarige ouderdom is die laaste ding waaran jy dink, hoe om ’n kind groot te maak. Maar vir ’n slagoffer van verkragting het hierdie haar realiteit geword. Op Woensdag, 25 November het die slagoffer se ma opgemerk dat haar dogter se lyf begin verander. Na ’n paar persoonlike vrae, is hulle na die slagoffer se tannie waar hulle ’n swangerskap toets gedoen het. Die resultaat was positief, en die ma het dadelik die dogter onder kruisverhoor geneem. Die dogter het erken dat haar oom haar verkrag het, maar het stil gebly op sy opdrag.

“Hy het vir my gesê ek moet in sy huis gaan en seep kry.

Ek was in die huis toe hy die deur toemaak en my verkrag. Hy het gesê ek moet vir niemand sê nie,” was haar woorde.
Die verdagte is ook gearresteer.

Groepsdruk was die ongelukkige oorsaak van nog ’n saak van verkragting. Nadat ’n onderwyseres ondersoek gaan instel het, het sy die skok van haar lewe gekry, waar ’n 9-jarige seun vermoedelik ’n 12-jarige skoolmaat verkrag het. Volgens die slagoffer, het die verdagte se maats hom aangepor om die slagoffer te verkrag. Die onderwyser het by die toneel aangekom, net nadat dit gebeur het.

Die verdagte het ook aan die slagoffer gesê om stil te bly, anders gaan hy haar slaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button