
’n Jong seun was die slagoffer van verkragting deur ’n beweerde MIV-positiewe lyer.
Op Saterdag, 5 Desember het die slagoffer saam met sy ouers by familie gaan kuier en hulle sou Sondag, 6 Desember teruggaan huistoe.
Maar die eienaar van die huis het wasgoed in die kamer gaan neersit toe sy iets verdag opgemerk het. Die slagoffer se ma het in die kamer ingegaan en gesien hoe haar seun vinnig sy broek optrek.
Sy beweer dat die 14- jarige verkragter MIV positief is en dat hy haar sewe-jarige seun verkrag het.
Die slagoffer het ook gesê dat die verdagte sy mond toegedruk het dat hy nie moet skree nie.
Die adres van die verdagte is aan die polisie gegee na die voorval.
Op Vrydag, 4 Desember het nog ’n persoon die slagoffer geword van verkragting. Die slagoffer beweer dat sy besig was om inkopies te doen, toe iemand na haar toe gekom het wat parfuum verkoop.
“Nadat sy dit geruik het, het sy flou geword en ek het haar gesien en erken,” het ’n familielid gesê.
Sy beweer ook dat sy na ’n bakkie geneem was en dat die verdagtes haar na hul plakkershuis geneem het.
Haar familie het haar Sondag, 6 Desember eers opgespoor. Haar bankkaart was leeg getrek en sy beweer dat hulle haar aanhoudend verkrag het. Drie mans is die verdagtes, maar die huis waarin sy gehou was, is steeds onbekend.
Die slagoffer vermoed dat die verdagtes tussen die ouderdom van 20 en 25 jaar oud is.
