
By ’n oord in eMalahleni is ’n verdagte in hegtenis geneem vir ’n saak van verkragting.
’n Manspersoon wie se indentiteit nie bekend gemaak mag word, om die slagoffer se identiteit te beskerm, was op Maandag, 14 Desember, wakker gemaak deur sy vriend wat hom gevra het waar die kinders is, aangesien hulle by die oord geslaap het.
Die meisie wat in haar tent moes wees, was nêrens te sien toe hulle haar gaan soek het nie. Die vriend het twee mense gesien hardloop na ’n kajuit en het hulle agterna gesit.
Die manspersoon het die deur oopgemaak en gevra waar die meisie is, waarop die verdagte geantwoord het dat sy in die badkamer is.
Die slagoffer het beweer dat die verdagte haar in sy kajuit forseer het, en haar verkrag het. Die verdagte is in hegtenis geneem en die saak word steeds ondersoek.
In ’n ander voorval op Sondag, 13 Desember het ’n slagoffer na bewering by haar vriend se huis geslaap toe haar gewese vriend daar aankom. Hy het vir haar gesê sy moet saam hom na sy plek toe gaan.
Met aankoms het die vriend vir haar gesê om haar klere uit te trek en hy het haar na bewering verkrag. Hy het daarna die perseel verlaat en ’n saak van verkragting is teen hom oopgemaak. Die saak word steeds ondersoek.
