Local newsNews

Klap in die gesig vir troeteldiere

Oor die feesseisoen was eMalahleni se inwoners gereed om die nuwe jaar met ’n fees in te gaan.

Oor die feesseisoen was eMalahleni se inwoners gereed om die nuwe jaar met ’n fees in te gaan.
Vir troeteldiere was dit ’n tyd van verwarring, angs en vrees.

Die Munisipaliteit van Emalahleni het gebiede afgebaken waar vuurwerke gebruik kan word vir die feesseisoen, die reëling het ontaard in ’n tragedie vir diere.

Volgens die inwoners wat die vakansie tuis deurgebring het,die afgelope feesseisoen verander in ’n geteister deur ‘n onbeteuelde uitbarsting van kragtige klappers wat vanaf private woonpersele, op straat, in die industriële buurt en selfs in die middel van die dorp binne sig van die polisiestasie openlik in die strate afgevuur is. Die blatante verontagsaming van reëls het glo deur die nag sporadies voortgewoed.

CV202
Die geknal en geraas van vuurwerke verskrik diere dermate dat baie hulself beseer in ‘n angsbevange poging om te ontvlug van die oordonderende geraas.

Inwoners het omtrent gegons oor die gebeure op sosiale media, veral Facebook terwyl ander dringend opsoek is na hulle troeteldiere.

Natasha van Vuuren het dit goed gedink om ’n berig te plaas na die feesvieringe van alle troeteldiere wat vermis is.

“Dis my beurt om te draai na die gemeenskap om hulp, ek het ’n inskrywing begin op nuwe jaar, oor die verlore troeteldiere. Daar is nog 21 diere wat moet herenig met hul families.”

Volgens die Diere Beskermings Vereniging (DBV) is daar tot dusver 41 honde gevind vanaf 1 Januarie en 15 terug besorg aan hul families.

“Al was daar wel minder voorvalle in 2015 as 2014 maak dit steeds nie die situasie reg nie,” het Natalie Colledge van die DBV gesê.

Sy het ‘n beroep gedoen op inwoners wat nog steeds vreemde, verskrikte diere versorg wat by hulle aangekom het, om met die DBV in verbinding te tree sodat die diere weer by hul regmatige eienaars kan terugkom. Sy het ook bygelas

“diere wat blootgestel word aan vuurwerke kan getraumatiseer word en dit kan lei na lewenslange angsprobleme. Die grootste probleem is diere wat seerkry as hulle probeer weghardloop wanneer vuurwerke ontplof. Hulle hardloop deur glasdeure, heinings en oor strate waar karre hulle raakry.
“Areas soos Klipfontein Dam het geraas met vuurwerke, ek kan nie verstaan dat Theo dit kan toelaat nie, ek meen Klipfontein Dammetjie is geleë in ’n gebied met huise, diere en kinders,” was Hannetjie Opperman se kommentaar.

Selfs met streng reëls en regulasies teen waar klappers geskiet mag word was daar wel onverantwoordelike mense wat hulle nie gesteur het aan die reëls nie.

“Ek is bewus dat klappers in sommige gebiede toelaatbaar is, maar sekerlik nie binne ’n residensiële gebied nie, die vuurwerke het geklap hier in die buurt en daar was geen teken van die polisie nie,” het Ina Wessels gekla.

Een aand se plesier vir ’n paar honderd mense raak so baie diere en ook hul eienaars, wat dalk dae lank soek en dikwels hoë veearts kostes moet betaal vir die behandeling en herstel van hul geliefde troeteldiere.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button